AgriBonuspunte kan verdien word in twee kategoriëe. naamlik
basispunte en bonuspunte
Vir elke aankoop by 'n AgriBonus vennoot, verdien u voorafvasgestelde
punte wat op u punte opsomming sal verskyn.
1. Navorsingsbonus
Wanneer u deelneem aan enige Agribonus opgawe of data navorsings
projek
2. Drumpelbonus
Beloning deur silver en goue statusvlak te bereik.
3. Waarderingsbonus
'n Blykie van waardering vir die bereiking van 'n sekere hoeveelheid
basispunte.
4. Status-erkenningsbonus
Spesiale bonuspunte word van tyd tot tyd toegeken aan Silwer of
Gouestatuslede.

Dit kan weens verskeie redes wees, soos:
• U koop by ’n instansie wat nie maandeliks u aankoopinligting
aan AgriBonus verskaf nie.
• U koop kontant. Die meeste van ons vennote hou slegs rekord
van hulle lede en/of rekeninghouers.
• U eis het reeds verstryk.
• Die produk wat u aangekoop het, kwalifiseer nie vir punte
nie.
• AgriBonus is nie by magte om u transaksie met die hand te
verwerk nie.
• Die instansie is nie meer ’n vennoot van AgriBonus
nie.
1. Om te verseker dat u regmatige punte aan u toegeken word, faks
’n afskrif van u aankoopfaktuur aan AgriBonus by 012 804 4809,
of pos dit na Posbus 1284, Pretoria, 0001.
Neem kennis dat daar wel sommige vennote is wat daarop aandring
dat u u punte direk deur hulle moet opeis, soos Deluxe Chemicals,
Intercape, Instavet, Kalahari.net, en dies meer. Vir verdere inligting,
verwys na die vennotelys.
Ingevolge AgriBonus se reëls en regulasies, het u 120 dae om
te eis. Daar is egter heelwat van ons vennote wat u toelaat om u
eise tot ses maande terugwerkend in te stuur. Netso is daar egter
van ons vennote wat u slegs 60 dae gee om u punte te eis.
U kan die AgriBonusdienssentrum skakel by (012) 843 5660. Meeste
van die inligting word saamgevat in die vennotelys
Skakel die AgriBonusdienssentrum by 012 843 5660 en hulle sal u
op hoogte bring.
AgriBonus punte toegeken aan ‘n lid, bly die lid se eiendom
en verval nie.
AgriBonus behou homself die reg voor om ‘n administrasiefooi
te hef op dormante rekeninge (rekeninge waar vir meer as twaalf
maande geen transaksies plaasgevind het nie) of punte wat na ‘n
periode van vyf jaar nie vir die omruiling van toekennings aangewend
is nie.
Ja, u kan deur eenvoudig een keer per jaar u persoonlike inligting
op datum te bring. U kan u inligting via AgriBonus se webtuiste
by www.agribonus.co.za opdateer, of deur die “RED U PUNTE”
vorm te voltooi en terug te faks na 012 804 4809 of te e-pos na
info@agribonus.co.za. Hierdie vorm is ook op aanvraag by die AgriBonusdienssentrum
beskikbaar.

|