AgriBonus is die eerste voordele-program wat spesiaal
vir die produsente geskep is. Deur Agribonus kan lede vlugte na
eksotiese bestemmings verkry asook ander ongelooflike toekennings
soos bakkies, veldfietse, rekenaars ens.
Soos met ander lojaliteitsprogramme, kan AgriBonuslede punte verdien
deur aankope by ’n reeks diensvennote, almal markleiers op
hulle gebied, te maak.
Hoe meer punte ’n AgriBonuslid verdien, des te hoër
is sy status en hoe beter die voordele en toekennings waarvoor sy
punte ingeruil kan word.
|
| |
‘n
Volledige lys van AgriBonusvennote (kliek
hier)
Lees hierdie inligting noukeurig deur en verseker so dat u eis
ons betyds bereik.
|
| |
Dit kan wees as gevolg van verskeie redes, nl;
• U koop by ‘n instansie wat nie maandeliks u aankoop-inligting
aan ons verskaf nie.
• U koop kontant. Meeste van ons vennote hou slegs rekord van
hulle lede en/of rekeninghouers.
• Tydperk van u eise het reeds verstyk. (Verwys na antwoord
ten opsigte van vraag: “Hoe lank terug mag ek my punte eis?”)
• Produk wat u aangekoop het, kwalifiseer nie vir punte nie
• AgriBonus is nie by magte om u transaksie met die hand te
verwerk nie.
• Instansie is nie meer langer ‘n vennoot van AgriBonus
nie. |
| |
Nee, nie noodwendig nie. Meeste van ons vennote se
produkte is beskikbaar by u plaaslike landboubesigheid. Hierdie landboubesighede
mag waarskynlik nie aan ons ons lede se maandelikse aankoop-inligting
verskaf nie.
Vir ‘n lys van verskaffers wat wel aan AgriBonus inligting verskaf,
(kliek hier)
Om seker te maak, u regmatige punte word aan u toegeken, faks
aan AgriBonus ‘n afskrif van u aankoopfaktuur by (012) 804 4809
of pos dit aan ons by Posbus 1284 PRETORIA 0001.
Neem kennis, dat daar wel ‘n paar vennote is wat daarop aandring
dat u, u punte deur hulle self moet opeis soos bv Deluxe Chemicals,
Intercape, Instavet, Kalahari.net ens. Vir meer inligting verwys ons
na die vennotelys. |
| |
Volgens AgriBonus se reëls en regulasies kan u
tot en met 120 dae terug eis. Daar is egter heelwat van ons vennote
wat u toelaat om tot 6 maande terugwerkend u eise in te stuur.
Net so is daar van ons vennote wat u egter slegs 60 dae gee om u punte
te eis.
Vir meer inligting verwys ons na die vennotelys |
| |
| Elke vennoot het sy eie insentief wat toegedeel word.
Vir meer inligting skakel die betrokke vennoot. |
| |
| U kan die AgriBonus dienssentrum skakel by (012) 843
5660. Meeste van die inligting word saamgevat in die vennotelys op
die webtuiste sowel BONUS |
| |
| Skakel die AgriBonus Dienssentrum by (012) 843 5660,
hulle sal met graagte vir u vertel |
| |
| AgriBonus punte bly die lid se eiendom en verval nie.
AgriBonus behou homself die reg voor om ‘n administrasiefooi
te hef op dormante rekeninge (rekeninge waar vir meer as twaalf maande
geen transaksies plaasgevind het nie) of punte wat na ‘n periode
van vyf jaar nie vir die omruiling van toekennings aangewend is nie. |
| |
Puntestate word kwartaaliks uitgestuur. U is meer
as welkom om die AgriBonus Dienssentrum ter enige tyd te skakel
vir u nuutste puntestaat.
Indien u toegang het tot die internet, gaan besoek gerus on webtuiste
vir u nuutste puntestand by www.agribonus.co.za
|
| |
Die heel belangrikste en opwindende gedeelte van
die AgriBonusstelsel is die inruil van toekennings. Om te kwalifiseer
vir 'n toekenning, moet die lid genoegsaam punte beskik.
AgriBonus punte kan ingeruil word vir eksotiese toekennings of vir
enige produk van 'n vennoot.
Agrionus behou alleenreg vir die uitreiking van toekennings. AgriBonuspunte
is nie inruilbaar vir kontant nie.
|
| |
• Om vir ‘n toekenning te kwalifiseer,
moet die lid genoeg AgriBonuspunte in sy of haar rekening hê.
• Dit sal u op u kwartaallikse AgriBonus punte-opsomming vind,
of op aanvraag. Vir die lede wat toegang tot die internet het, gaan
besoek gerus on webtuiste vir u nuutste puntestand by www.agribonus.co.za
• Aansoekvorms vir Toekennings is op aanvraag beskikbaar vanaf
die Dienssentrum.
• Aansoeke moet op skrif wees.
• Wanneer u vir 'n Toekenning aansoek doen, is dit noodsaaklik
om die volgende inligting aan ons te voorsien:
AgriBonus lidmaatskap nommer
Naam & Van
Id-nommer
Kontak besonderhede
Aflewerings adres
'n Duidelike beskrywing van die toekenning aangevra
• Aflewering neem gewoonlik 2 – 4 weke
|
| |
| |