
1.1 Customer Benefit Systems (Pty.) Ltd. en die AgriBonusvennote,
behou die reg voor om wysigings of opskortings aan die AgriBonusprogram
of enige aspek daarvan te maak, met 30 dae kennisgewing en/of kansellering
van die program in sy geheel, na ses maande kennisgewing aan aktiewe
lede.
1.2 Lede met geen programaktiwiteite in die voorafgaande ses maande
nie, sal geen inligting ontvang betreffende die wysigings in 1.1
in die AgriBonusprogram nie. Die reg sluit in, maar is nie beperk
tot:
1.2.1 Veranderinge in die AgriBonuspunte-akkumulasie.
1.2.2 Veranderinge in die vennootgeaffilieerde maatskappye.
1.2.3 Reëls vir die gebruik van die AgriBonusprogramtoekennings.
1.2.4 AgriBonuspuntetoekenningsvlakke.
1.2.5 Kapasiteitsbeheer vir die gebruik van AgriBonustoekennings.
1.2.6 Uitsluitingstydperke.
1.2.7 Kenmerke van promosiebelang.
1.3 Indien AgriBonus sou vasstel dat AgriBonustoekennings gekoop,
verkoop, verruil of op enige ander wyse verkry is, sal u lidmaatskap
summier gekanselleer word.
1.3.1 Sodanige AgriBonustoekennings kan op beslag gelê word
en die AgriBonuslid kan verantwoordelik gehou word vir die volle
betaling van so 'n toekenning.
1.3.2 Individue wat AgriBonustoekenning verkoop of verruil, sal
verantwoordelik wees vir skade en litigasiekoste. Hulle deelname
aan die AgriBonusprogram mag op AgriBonus se diskresie gekanselleer
word.
2.1 Die AgriBonusprogram is beskikbaar vir die hele boeregemeenskap
in Suidelike Afrika.
2.2 U AgriBonusrekening sal in u naam of u besigheid se naam oopgemaak
word. U mag net in u persoonlike hoedanigheid AgriBonuspunte in
hierdie rekening verdien.
2.3 AgriBonuspunte wat verdien is mag nie oorgedra word van een
AgriBonus-deelnemer aan 'n ander, of tussen rekeninge nie. U mag
ook nie AgriBonuspunte in meer as een kliëntelojaliteitsprogram
vir dieselfde aankope verdien nie.
2.4 Naam- en adresveranderinge moet skriftelik aan die AgriBonusdienssentrum
gestuur word. Sulke kennisgewings moet gedateer en geteken wees
en u AgriBonuslidmaatskapnommer moet ook voorsien word.
2.5 AgriBonusdeelname is aan alle toepaslike wetgewing onderhewig.
2.6 AgriBonus behou die reg voor om persone te diskwalifiseer van
verdere deelname aan die AgriBonusprogram; om alle vorige AgriBonuspunte
wat verdien is te kanselleer en vergoeding te eis vir toekennings
wat gebruik is wanneer, AgriBonus se diskresie, so 'n persoon enige
reëls van hierdie program oortree het. Dit sluit die wederregtelike
verkryging van AgriBonuspunte of programtoekennings, of die misbruik
van die AgriBonustoekenningsvoordele in.
3.1 U sal 'n AgriBonuspunte-opsomming ontvang wat sal aantoon hoeveel
punte u elke drie maande verdien het, op voorwaarde dat u rekening
gedurende hierdie tyd aktiwiteit getoon het.
3.2 AgriBonus punte toegeken aan ‘n lid, bly die lid se
eiendom en verval nie.
AgriBonus behou homself die reg voor om ‘n administrasiefooi
te hef op dormante rekeninge (rekeninge waar vir meer as twaalf
maande geen transaksies plaasgevind het nie) of punte wat na ‘n
periode van vyf jaar nie vir die omruiling van toekennings aangewend
is nie.
Die administrasiefooi sal verhaal word in die vorm van punte wat
teen die lid se rekening gehef sal word.
Administrasie fooi kan voorkom word deur een keer per jaar profiel
opdatering te doen op die voorgeskrewe wyse soos vervat in die Bonustydskrif.
3.3 Die beraamde tyd vir AgriBonuspunte om op u rekening gekrediteer
te word, is 30 dae vanaf die dag van aankope van ‘n AgriBonusvennoot.
3.4 In gevalle waar punte vir u aktiwiteite nie in u AgriBonusopsomming
gereflekteer word nie, moet u 'n brief en die faktuur aan die AgriBonusdienssentrum
stuur om die betrokke krediet aan te vra. Indien u vergeet om punte
vir u aankope aan te vra, skryf aan die AgriBonusdienssentrum binne
120 dae na die aankope en sluit die oorspronklike faktuur in. Enige
versoeke vir regstelling na die 120 dae afsnydatum, sal nie in ag
geneem word nie.
4.1 U sal 'n toekenningseisvorm op aanvraag ontvang. Gebruik hierdie
vorm wanneer 'n toekenning aangevra word.
4.2 AgriBonus beskik oor die alleenreg tot die afkoop en/of uitreiking
van 'n AgriBonustoekenning.
4.3 AgriBonustoekennings is nie omruilbaar vir kontant nie.
4.4 Om 'n toekenning te eis, moet u genoeg AgriBonuspunte in u rekening
hê. Die toekenning moet aangevra word met inagneming van 'n
onlangs- gepubliseerde lys van AgriBonustoekennings.
5.1 U mag toekennings aanvra vir uself of enige persoon wat deur
u benoem word, maar die toekenning mag nie verkoop, gekoop of geruil
word nie.
5.2 Vir sekuriteitsredes sal alle AgriBonus-Toekennings direk na
die adres van die AgriBonus lid gestuur word soos dit in die lidmaatskaprekords
aangedui word, of dit mag persoonlik deur die lid afgehaal word.
6.1 Laat ongeveer drie tot vier weke toe vir aflewering. Versoeke
vir ‘n toekenningsaflewering binne vier weke deur gewone pos,
is op u eie risiko.
6.2 Indien die AgriBonustoekenning by die AgriBonusdienssentrum
afgehaal word, of indien daar van 'n koerierdiens gebruik gemaak
word, word 'n minimum van vyf werksdae benodig om die versoeke te
prosesseer.
7.1 Indien 'n toekenning uitgereik is, is dit nie oordraagbaar nie,
maar sodanige toekenning mag wel in u rekening teruggeplaas word
onder die volgende omstandighede:
7.1.1 Alle toekennings moet ongebruik aan die AgriBonusdienssentrum
teruggestuur word binne 30 dae na ontvangs.
7.1.2 U versoek moet op skrif wees. Om administrasiekoste te dek
sal 5% van die toekenningspunt afgetrek word voordat die toekenningspunte
in u rekening geherdeponeer word.
Wanneer die AgriBonusdienssentrum 'n aansoek ontvang om 'n toekenning
uit te reik, sal die ooreenstemmende waarde van die toekenningspunte
van die balans van u rekening verhaal word.
AgriBonus kan nie verantwoordelik of aanspreeklik gehou word vir
vertragings in die posdiens of enige artikels waf beskadig of verlore
sou raak in die pos nie.
AgriBonus het kontraktuele ooreenkomste met deelnemers in die AgriBonusprogram
en die AgriBonusvennote en dit is te alle tye binne die uitsluitlike
diskresie van AgriBonus oor hoe en op watter wyse hulle regte uitgeoefen
word ten opsigte van die ooreenkomste, wat te eniger tyd verander
kan word op grond van 'n ooreenkoms tussen AgriBonus en die deelnemers.
U mag AgriBonus nie verantwoordelik of aanspreeklik hou indien
'n deelnemer op enige wyse kontrakbreuk met AgriBonus pleeg of weier
om enige punte, ander voordele of toekennings aan u te gee nie.
U sal slegs deur AgriBonus gekrediteer word indien 'n deelnemer
aan die program erkenning verleen dat u geregtig is op punte, ander
voordele of toekennings en aan AgriBonus die bedrag betaal wat verskuldig
is vir toepaslike punte, ander voordele of toekennings.
AgriBonus kan nie verantwoordelik of aanspreeklik gehou word vir
die versuim van AgriBonusvennote om dienste of produkte te verskaf
soos aangedui nie.
Indien daar konflik tussen hierdie voorwaardes, reëls en regulasies
van die AgriBonusprogram of enige toekennings is, of as daar teenstrydighede,
weglatings of versuim is, sal sodanige teenstrydigheid, weglating
of versuim na die kliëntebestuurder van die Melkprodusente-organisasie
verwys word, wie se besluit oor enige saak wat na hom verwys word,
finaal en bindend sal wees.
AgriBonus kan nie verantwoordelik of aanspreeklik gehou word vir
enige indirekte insidentele, spesiale of gevolgskade, by uitreiking
van 'n toekenning nie, hetsy dit die gevolg is van enige handeling
of versuim van AgriBonus of enige derde party vir wie AgriBonus
middellik aanspreeklik is, of na aanleiding van die kontrak nie.
Enige eis wat u of die houer van enige toekennings mag hê,
mag slegs ingestel word in die Hooggeregshof van Suid-Afrika (Gautengse
Provinsiale Afdeling), welke eis u tot toestem. Die eis sal wees
van die werklike skade of R5OO, welke ookal die minste is.
15.1 Geen wysiging, verslapping, kwytskelding, toevoeging, skrapping
of kansellasie by ooreenstemming van hierdie ooreenkoms of enige
van die voorwaardes (ingesluit hierdie klousule) sal van enige krag
of effek wees tensy dit op skrif en onderteken is deur albei partye
nie.
15.1.1 Hierdie ooreenkoms omvat die geheel van die ooreenkoms tussen
die partye.
15.1.2 Daar is geen voorwaardes of handelinge wat die verantwoordelikheid
van enige van die partye kan beëindig of beperk nie.
15.1.3 Geen waarborge, beloftes, voorstellings of aansporings van
enige aard hoegenaamd is deur AgriBonus gemaak of gegee om in hierdie
ooreenkoms die Lojaliteitsvennoot te bind nie.
15.1.4 Daar word ooreengekom dat elke paragraaf, elke klousule en
elke subklousule van hierdie ooreenkoms, die een van die ander,
skeibaar is.
15.1.5 Indien enige paragraaf, klousule of subklousule vir enige
rede in 'n bevoegde hot onafdwingbaar is, sal die res van die klousules,
waarborge, paragrawe en subparagrawe steeds van volle krag en werking
wees.
15.1.6 In geval van bogenoemde, kan die partye ontmoet en die aangeleentheid
bespreek. lndien enige geldige en/of brosjure wyse beskikbaar is
om dieselfde doel te bereik as die onwettige bepaling, sal daarvan
gebruik gemaak word deur die ooreenkoms te verander.
15.2 Die diensvennoot sal rente betaal op enige onbetaalde bedrae
in die bepaling van hierdie ooreenkoms. Hierdie rente sal bereken
word teen die primakoers soos op enige onversekerde oortrokke rekening
by Absa Bank en sal maandeliks betaal word. Rente sal op die laaste
dag van elke maand gekapitaliseer word. 'n Sertifikaat deur die
Bestuurder van die Rekeninge van genoemde Bank (wie se aanstelling
nie ‘n bewys vereis nie), sal die bewys wees vir die rentekoers
wat deur die diensvennoot in terme hiervan betaal word.
15.3 Die partye onderneem om te alle tye alle moontlike stappe te
doen en alle aksies te voer wat nodig mag wees vir die effektiewe
instandhouding in belang van hierdie ooreenkoms.
Deur registrasie by die AgriBonusprogram, aanvaar u alle terme en
voorwaardes van hierdie ooreenkoms.
|