back to home page company profile
 


 
AgriBonus het drie statusvlakke naamlik Brons, Silwer en Goud.
Hoe meer u van die AgriBonusvennote gebruik maak, hoe hoër sal u statusvlak wees en hoe groter die voordele.

Vlakstatus
1. Bronsstatus
Bronsstatus word verkry deur te registreer by die AgriBonusprogram, of met u eerste transaksie.

2. Silwerstatus
Silwer status word verkry deur 60 of meer transaksies per kalenderjaar by AgriBonusvennote te sluit, of sodra ‘n minimum van 50 000 AgriBonuspunte per kalenderjaar verdien is.

3. Goue status
Goue status word verkry deur 100 of meer transaksies per kalenderjaar by AgriBonusvennote te sluit, of sodra ‘n minimum van 100 000 AgriBonuspunte per kalenderjaar verdien is.

• ‘n Transaksie is enige maandelikse toewysing van AgriBonuspunte deur ‘n AgriBonusvennoot.
• Silwer- en Gouestatus is slegs van toepassing indien u ‘n opbetaalde lid van u produsente-organisasie en boere-unie is.